Bernie Sanders

Bernard "Bernie" Sanders (* 8 September 1941 in New York Stad) is tans die junior-senator van die Amerikaanse deelstaat Vermont en voormalige presidentskapskandidaat vir die Demokratiese Party in die 2016 en 2020 presidensiële verkiesings. Sanders is in November 2006 verkies tot 'n onafhanklike lid van die 110de Kongres van die Verenigde State, wat op 4 Januarie 2007 vir die eerste keer vergader het. Bernie Sanders het 65 persent van die stemme op hom verenig. Voordat hy senator geword het, het hy Vermont vyftien jaar lank in die Huis van Verteenwoordigers verteenwoordig. Sanders, wat homself as 'n demokratiese sosialis (Democratic Socialist) beskryf (alhoewel sy beleidvoorstelle binne 'n Europese konteks eerder as sosiaal-demokraties, groen of progressief beskryf sou word), is een van min linkse politikusse wat in die afgelope jare vir 'n federale amp verkies is en die eerste sosialistiese politikus in die Amerikaanse Senaat. Saam met Angus King is hy een van net twee onafhanklike senatore in die 115de Kongres, alhoewel hy nou bande met die Demokratiese Party handhaaf. Bernie Sanders lewer fundamentele kritiek op die heersende ekonomiese, politieke en maatskaplike strukture in die Verenigde State.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search